Psalms 105:16-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En Hy het ’n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.

17. Hy het ’n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.

18. Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,

19. tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die Here hom beproef verklaar het.

20. Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.

21. Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;

22. om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.

23. Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.

Psalms 105