Prediker 12:12-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.

13. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

14. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.

Prediker 12