1. WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.
2. Gee ’n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie.
3. As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde; en as ’n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val, daar bly hy lê.