Prediker 10:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ’n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.

2. Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ’n dwaas is na links.

3. Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy ’n dwaas is.

4. As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.

5. Daar is ’n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, ’n dwaling wat van die maghebber uitgaan:

Prediker 10