Númeri 6:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

2. Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As ’n man of ’n vrou ’n besondere gelofte aflê, die gelofte van ’n nasireër, om hom aan die Here te wy,

3. moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.

4. Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie.

Númeri 6