Númeri 5:25-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die Here beweeg en dit na die altaar bring.

26. Die priester moet ook van die spysoffer ’n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.

27. En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk ’n vervloeking wees.

28. Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.

29. Dit is die wet oor die jaloersheid: As ’n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;

30. of as oor ’n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word — dan moet hy die vrou voor die aangesig van die Here stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.

Númeri 5