Númeri 31:35-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.

36. En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.

37. En die bydrae aan die Here uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.

38. En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-sewentig.

39. En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan die Here een-en-sestig.

40. En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-dertig siele.

Númeri 31