25. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
26. Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;
27. en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
28. En hef ’n bydrae vir die Here van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het — een uit elke vyfhonderd — van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
29. Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as ’n offergawe aan die Here.
30. Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die Here waarneem.