1. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
2. Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
3. Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van die Here aan Mídian te voltrek.