Númeri 29:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;

6. behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif — tot ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan die Here.

7. En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.

8. Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan die Here bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;

9. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,

10. een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

11. een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort — en hulle drankoffers.

Númeri 29