Númeri 26:38-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ahíram die geslag van die Ahiramiete;

39. van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete.

40. En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete.

41. Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd.

42. Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte.

43. Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd.

44. Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimnaïete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Bería die geslag van die Beriïete;

45. van die seuns van Bería: van Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete.

46. En die naam van die dogter van Aser was Serag.

Númeri 26