37. Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte.
38. Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ahíram die geslag van die Ahiramiete;
39. van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete.
40. En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete.
41. Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd.
42. Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte.