Númeri 2:15-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.

16. Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.

17. Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.

18. Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.

19. En sy leër met hulle geteldes was veertigduisend-vyfhonderd.

20. En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.

21. En sy leër met hulle geteldes was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

22. Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.

23. En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.

24. Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek.

25. Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.

26. En sy leër met hulle geteldes was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.

27. En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.

28. En sy leër met hulle geteldes was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.

29. Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.

30. En sy leër met hulle geteldes was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.

31. Al die geteldes in die laer van Dan was honderd-sewen-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.

32. Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.

33. Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos die Here Moses beveel het.

34. En die kinders van Israel het gedoen net soos die Here Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.

Númeri 2