42. Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.
43. Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die Here afvallig geword het, daarom sal die Here nie met julle wees nie.
44. Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die Here en Moses het nie uit die laer gewyk nie.
45. Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.