Númeri 12:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. En Moses het die Here aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!

14. Toe sê die Here vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.

15. En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

16. Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

Númeri 12