Númeri 1:35-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.

36. Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

37. hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.

38. Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

39. hulle geteldes van die stam van Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.

40. Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

41. hulle geteldes van die stam van Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.

42. Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek —

43. hulle geteldes van die stam van Náftali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.

Númeri 1