Nehemía 7:56-61 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

56. die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.

57. Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;

58. die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

59. die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —

60. al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.

61. En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —

Nehemía 7