Nehemía 5:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN daar het ’n groot geroep van die volk en van hulle vroue ontstaan teen hulle broers, die Jode;

2. en sommige het gesê: Ons seuns en ons dogters, ons is baie; ons wil koring hê, dat ons kan eet en lewe!

3. En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood!

Nehemía 5