Nehemía 4:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.

7. Maar toe Sanbállat en Tobía en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.

8. En hulle het almal met mekaar ’n sameswering gesmee om teen Jerusalem te gaan veg en daar verwarring te stig.

9. Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil ’n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.

Nehemía 4