1. EN dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra,
2. Amárja, Mallug, Hattus,
3. Segánja, Rehum, Méremot,
4. Iddo, Gínnetoi, Abía,
5. Míjamin, Maädja, Bilga,
6. Semája en Jójarib, Jedája,
7. Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.
8. En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het.
9. En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan.