Miga 1:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woord van die Here wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samaría en Jerusalem.

2. o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here Here getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.

3. Want kyk, die Here gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde.

4. En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs ’n helling afstroom!

Miga 1