Matthéüs 3:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

4. En hy, Johannes, het ’n kleed gedra van kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.

5. En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.

6. En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.

7. Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8. Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Matthéüs 3