1. IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
2. gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
3. Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4. En hy, Johannes, het ’n kleed gedra van kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
5. En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.