Matthéüs 26:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En Hy antwoord: Gaan na die stad na ’n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels.

19. Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei.

20. En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.

21. En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.

22. Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?

23. Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.

Matthéüs 26