Matthéüs 25:42-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

42. Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.

43. Ek was ’n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.

44. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?

45. Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

Matthéüs 25