Matthéüs 14:26-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ’n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

27. Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

28. En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

29. En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

30. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!

31. En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

32. Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.

Matthéüs 14