Matthéüs 12:17-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:

18. Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.

19. Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

20. ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

21. En op sy Naam sal die heidene hoop.

22. TOE het hulle ’n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.

23. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?

24. Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.

Matthéüs 12