15. En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.
16. Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar
17. en trek Hom ’n purperkleed aan en vleg ’n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;
18. en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!
19. En hulle slaan Hom met ’n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.