Lukas 24:30-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

31. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

32. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

Lukas 24