Lukas 22:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u — waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?

12. En hy sal julle ’n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.

13. En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.

14. En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.

15. En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.

16. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.

17. En toe Hy ’n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.

18. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.

Lukas 22