Lukas 21:33-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

34. MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.

35. Want soos ’n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.

36. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

37. EN Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.

38. En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.

Lukas 21