29. Toe vertel Hy hulle ’n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome.
30. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is.
31. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
32. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
33. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.