24. Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
25. En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
26. As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
27. Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.