Levítikus 8:19-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.

20. Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;

21. maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was ’n brandoffer as lieflike geur, ’n vuuroffer was dit aan die Here, soos die Here Moses beveel het.

22. Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

Levítikus 8