Levítikus 7:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.

2. Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3. En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

4. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

5. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die Here; dit is ’n skuldoffer.

6. Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op ’n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7. Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.

Levítikus 7