34. Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here.
35. Op die eerste dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
36. Sewe dae lank moet julle aan die Here ’n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees, en julle moet aan die Here ’n vuuroffer bring. Dit is ’n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
37. Dit is die feestye van die Here wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die Here ’n vuuroffer te bring: ’n brandoffer en spysoffer, ’n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;