Levítikus 21:22-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;

23. maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ’n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die Here wat hulle heilig.

24. En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.

Levítikus 21