Levítikus 21:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER het die Here vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan ’n dooie moet ’n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;

2. behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;

3. en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan ’n man toebehoort het nie — aan haar mag hy hom verontreinig.

4. Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

5. Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

6. Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die Here, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.

Levítikus 21