Levítikus 2:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is ’n spysoffer.

7. En as ’n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.

8. Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die Here bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.

9. En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

10. En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, ’n hoogheilige deel van die vuuroffers van die Here.

11. Geen spysoffer wat julle aan die Here bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die Here ’n vuuroffer aan die brand steek nie.

Levítikus 2