1. EN as iemand aan die Here ’n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
2. en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ’n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.