27. En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe onrein.
28. Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
29. En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.