6. Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.
7. En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.
8. Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
9. Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
10. En as sy offer ’n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy bring.