Levítikus 1:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.

5. Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die Here slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.

6. Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.

7. En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.

8. Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

Levítikus 1