Kolossense 3:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

8. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

9. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

10. en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

11. waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.

Kolossense 3