7. Sajin. Haar vorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte ’n saffier.
8. Get. Maar hulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie; hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.
9. Tet. Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte.
10. Jod. Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.
11. Kaf. Die Here het sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion ’n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.
12. Lamed. Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat ’n teëstander of ’n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.