34. dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;
35. en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,
36. en Adama en Rama en Hasor,
37. en Kedes en Edréï en En-Hasor,
38. en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.
39. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.