Jona 1:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy?

9. En hy antwoord hulle: Ek is ’n Hebreër, en ek vrees die Here, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.

10. Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die Here af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.

11. Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? — want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.

Jona 1