Johannes 9:18-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.

19. En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?

20. Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;

21. maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.

22. Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.

23. Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.

24. Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.

Johannes 9