9. Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
10. Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
11. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
12. As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?