Joël 2:29-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

30. En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

32. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die Here gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die Here sal roep.

Joël 2